Gina Van Staden, Graduate at The Writers College

In 2016 slaag Gina van Staden die SA Writers College Tydksrifjoernalistieke kursus met onderskeiding.

Haar alomvattende kreatiwiteit laat haar paadjie in baie verskillende rigtings kronkel – van skilder en skryf na klere maak en skoonheid. Sy het reeds ʼn magdom lewenservaring wat sy graag met haar medevrou deel. Jy kan haar blog hier lees: Skerpioentrapper.

V: Hoekom het jy besluit om ʼn skrywer te word?

A: Want ek het baie om te sê! My skryfwerk word grootliks beïnvloed deur verhoudings- en geloofskwessies, want dit is waar my passie lê.

V: Watter sukses het jy behaal vandat jy die Tydskrifjoernalistieke kursus voltooi het?

A: Eerstens het ek weekliks vir my teikentydskrif, Finesse, begin blog. Daarna was die artikel wat ek gedurende my kursus geskryf het in die Januarie uitgawe van die Vrouekeur gepubliseer. Ek het vir hulle nog ʼn artikel-idee gestuur en daardie artikel sal weer in die April uitgawe verskyn. Tans werk ek aan ʼn roman – ʼn lekkerlees tong-in-die-kies storie (met ʼn waardevolle les daarin weggesteek, natuurlik).

V: Beskryf die gevoel toe jy vir die eerste keer ʼn gepubliseerde stuk geskryf het?

A: Sjoe, dit was regtig wonderlik. Dit is so bevredigend wanneer jy weet dat jou harde werk nie verniet was nie. Ek sien uit daarna om nog baie so te voel!

V: Het jy raad vir ander aspirante skrywers in terme van die skryfproses, sowel as maniere hoe om gemotiveerd te bly?

A: Ja, druk net deur en glo in jouself. Ons kan soms ons eie vyande wees en ons idees al begrawe nog voordat dit behoorlik gekonseptueer is. Gee jou verbeelding vrye teuels – jy kan altyd later begin skaaf en skuur totdat daar iets bruikbaar vorm.

V: Volg jy enige rituele voordat jy begin skryf? Hoe lyk ʼn tipiese skryfsessie vir jou?

A: Arial, grootte 12, enkellyn spasiëring, Afrikaans taalverstelling. Ek voel al soos ʼn robot elke keer wanneer ek ʼn nuwe Word-dokument oopmaak. Maar dis ʼn kombinasie wat vir my werk. Veel meer as dit kan ek nie sê nie want geen skryfsessie lyk ooit heeltemal dieselfde nie.

In ʼn tipiese skryfsessie sal ek net gaan sit en alles neer pen wat deur my kop flits. Dit help baie wanneer ek deur droë tye gaan, want soms kom daar tóg iets wondelik te voorskyn. Ander kere druk ek weer vinnig die delete knoppie.

V: Wat is jou skrywersaspirasies vir die jaar 2017 en daarna?

A: Wel, ek het vir myself ʼn lysie opgestel aan die begin van die jaar, waarop ek aangedui het dat my mikpunt vir 2017 vyf gepubliseerde tydskrifartikels is. Enige iets daarna sal ʼn groot bonus vir my wees.

Verder wil ek my vlerke sprei en ʼn boek of twee publiseer binne twee jaar of so. Groot drome, ek weet. Maar as ʼn mens klein droom kan jy dit maar eerder los, of hoe?

Subscribe to Our Newsletter

Be the first to hear about our global writing competitions and free writing challenges. Sign up for our bi-monthly newsletter.

Share:

Facebook
Twitter
LinkedIn

Join Our Community Online

Get the Latest Updates

Subscribe To Our Bi-Monthly Newsletter

Be the first to hear about writing competitions, courses and writing tips

Most Popular

Read More ...